Jacobus A. Naudé
Senior professor in die Hebreeuse Departement by die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein, Suid Afrika). Hy was 'n lid van die redaksionele komitees van die 2020 Afrikaanse Bybelvertalingsprojek (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) en vertaalkonsultant van die Dinka Cam Bybel (Suid-Soedan). Hy dien op die adviesrade van die Handbook of Translation Studies, Handbook of Terminology, The Bible Translator, Journal of Translation Studies in Africa, Journal of Northwest Semitic Languages, Folia Orientalia en National Association of Professors of Hebrew.
Cynthia L. Miller-Naudé
Senior professor in die Hebreeuse Departement by die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein, Suid Afrika). Sedert 1992, was sy betrokke as 'n vertaalkonsultant vir die Ou Testament vertalingsprojekte in Suid-Soedan en dien as vertaalconsultant vir die Dinka Cam Vertalingsprojek. Sy dien op die redaksierade van The Bible Translator en die Journal for Northwest Semitic Languages; voorheen het sy gedien op die Komitee vir Vertalingsbeleid van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe en as 'n advieslid op die Komitee vir Vertaling en Wetenskap vir die Amerikaanse Bybelgenootskap.
Kobus Marais (vertaler)
Professor in Vertaalkunde by die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein. Hy het drie monografieë gepubliseer, naamlik Translation Theory and Development Studies: A Complexity Theory Approach (2014), A (Bio)Semiotic Theory of Translation: The Emergence of Social-Cultural Reality (2018) en Trajectories of Translation: The Thermodynamics of Semiosis (June 2023) en was redakteur van die bundel Translation Beyond Translation Studies (2022). Hy was ook mederedakteur van gepubliseerde bundels met Ilse Feinauer, Translation Studies Beyond the Postcolony (2017), en Reine Meylaerts, naamlik Complexity Thinking in Translation Studies: Methodological Considerations (2018), Exploring the Implications of Complexity Thinking for Translation Studies (2021) en The Routledge Handbook of Translation Theory and Concepts (2023).